Marknadens största urval
Snabb leverans

Böcker av Ina Cantoni

Filter
Filter
Sortera efterSortera Populära
  • av Ina Cantoni
    161

    Hierdie unieke bundel is 'n viering van gedigte, stories, en illustrasies wat jou hart sal laat dans en jou verbeelding sal laat vlerke kry. 'n Prisma is 'n wonderlike dingwat lig in 'n spektrum verandervan rooi tot violet, en alles tussenindie mooiste kleure in wit verskans 'n Skrywer is soos 'n prismawat die lewe ryker maakhul kleur die wêreld in met woordesoos kwashale op 'n skilderdoek 'n Digter kan ons inspireerom ons eie kreatiwiteit te ontwaakwat die skoonheid kan sienin die dinge wat ander wegsteek Hierdie bundel bied 'n verskeidenheidwat die rykdom van die lewe weerspieëlvan kulture tot tale en alles daarbývir die kieskeurigste leser se smaak

  • av Ina Cantoni
    181

    Die verwaarloosde, bevreesde meisie vlug ylings teen die kranse op, deur die digte bos en dorings, wat haar krap en steek. Sy is vreesbevange maar terwyl sy hardloop luister sy na die geluid van moontlike agtervolgers. Haar grootste vrees is dat hy, die man, haar sal kom soek. Honger en dors maak haar lighoofdig en vrees dryf haar om verder teen die kranse op skuiling te vind.Sarina is nie bewus daarvan dat sy val nie, ook nie dat iemand by haar buk nie. Adriaan en sy suster Hilda versorg haar so goed sy kan. Is daar 'n verband tussen die meisie en Adriaan se verloofde wat spoorloos verdwyn het? Sarina mag nie wegkom nie. Al pas Hilda haar hoe goed op, bly sy 'n gevaar vir die sindikaat van wie sy gevlug het. Hulle moet haar teen alle koste probeer opspoor. Gerugte van 'n dwelmhandelaars doen die rondte, maar dit is nie al nie. Hoekom het Sarina onder valse voorwendsels 'n onderwyspos bekom? As Adriaan vreemde spore en beweging op sy plaas ontdek, begin die poppe dans. Watter vreemde dinge gebeur in hulle omgewing?Die verhaal ontknoop met soveel verrassings en weereens bewys die skrywer, niks gebeur sonder 'n doel nie.Liefde seëvier altyd.

  • av Ina Cantoni
    177

    3 Verhale in 1 Perfekte Trofee Speursersant Wilburt Winterbach sit met 'n reeksmoordenaar ophande. Daar is reeds vier lyke, waarvan die borste en ooglede verwyder is. Die enigste leidrade sovêr; is vier lipstiffiedoppies... en die notas wat die moordenaar elke keer stuur. Die Perfekte trofee is vol spanning en angs ... 'n riller wat jou tweekeer na lipstiffie sal laat kyk. Isekai Michael Naude is die meester van manipulasie en wanneer hy nie sy dwalende oog kan beheer nie, is sy vrou Belinda, die skuldige en dit maak van hom 'n engel. Selfs 'n trouring mag hom nie daarvan weerhou om ander vrouens te laat goed voel nie. Eers wanneer Michael na 'n gru-ongeluk moes veg om sy lewe, besef hy dat hy nie in beheer is van sy eie lewe nie. Sondes van die Vaders Klara loer vir oulaas in die spieël. Sy word vanaand aan die room van Frankryk voorgestel as die toekomstige bruid van die skatryk Victor Rodryk. Hierdie is 'n heel nuwe lewe wat op haar wag. Klara se verlede is begrawe in 'n land duisende kilometer van hier. Van nou af sal sy moet onthou, Clarissa neem finaal Klara se plek in haar lewe in. Haar besluit om ná die toer haar kleintyd-voetspore te gaan soek, lewer 'n paar onaangename verrassings op. Die klein opgehewe geboortevlek in die vorm van 'n vlinder bepaal egter haar toekoms. Gaan sy met die skatryk Rodryk-erfgenaam kan trou, of het haar verlede haar ingehaal?

  • av Ina Cantoni
    181

    In die laat veertigs droom die jonge Anieke soos alle jong meisies oor haar toekoms. Sy sal gaan leer en haar ouers help om haar jonger broers en susters te help grootmaak. Die noodlot besluit anders. Sy moet stad toe gaan, werk soek en vergeet van skoolgaan. Haar drome lê in skerwe. Sy vertrek met die trein, stad toe, jonk onskuldig en onkundig. Sy ontmoet Jaco, 'n treindrywer, op die trein en hy word haar steunpilaar. Hy help haar om losies te kry asook werk in fabriek, klein loon en onmoontlike lang ure op haar voete. Jaco is haar eerste kennismaking met die stad. Waldo, haar baas is skatryk en aantreklik maar buite bereik vir die jong fabriek meisies.Sy trou met Jaco, hy is haar sekuriteit en sy weet hy is baie lief vir haar. Maar wat van Anieke? Sy aanvaar haar omstandighede en saam met Jaco neem sy 'n wilsbesluit. Sy sal 'n goeie vrou vir hom wees. Wie weet van die geheim in Anieke se verlede, nie net 'n geheim nie maar 'n deel van haar wat vir ewig verlore is: of is dit werklik verlore vir haar? Koop die tyd uit ... al is dit hoe min.

  • av Ina Cantoni
    187

    In the Angolan war, Portuguese farmers' lives are not worth a pinch of salt. The MPLA, with Cuban support, kill and mutilate the rural farmers and loot their property on the isolated farms. Grace survives a fatal attack on her family. The pregnant woman, with her three-year-old daughter, flees into the bush to escape the attackers. Starving and exhausted, she and her daughter are rescued by four South African soldiers. The soldiers assist her in getting to South-West-Africa where she is accepted as a refugee. She forms a strong bond with the soldiers before they part ways. The only people she felt she could trust had to return to Angola. A woman alone, without a place to go, no family or possessions, she courageously takes control of her life and her beloved daughter's. Grace loses everything. Will she ever achieve happiness and security again?

  • av Ina Cantoni
    157

    Lourette Greyling is 'n briljante geologiestudent. Sy is veral geïnteresseerd in die redes en uitwerking van aardverwarming en spandeer ure in die koepel-laboratorium wat haar vader aan haar nagelaat het. Alhoewel haar professore verskil van haar, glo sy in haar navorsing en haar broer, Wickus, ook 'n geologiestudent in sy derde jaar, ondersteun haar volkome. Totdat sy die vreemde verskynsel deur haar teleskoop waarneem. Iets of iemand kommunikeer met haar, maar die verskyning van die glimmende blink ruimtetuig oortref haar verwagtinge! Wat meer is, die enigmatiese ruimtewese, Maques van die planeet Proxima, word deel van haar daaglikse lewe, hy praat haar taal en boesem vertroue in. Hy glo in haar navorsing omdat hy kan bewys wat met planete gebeur uit onkunde. Tot haar vreugde nooi hy haar om saam met hom die ruimte in te vaar. Sy beleef die uitwerking van aardverwarming op verskillende planete en besef dat die studie van die buitenste ruim soveel meer ingewikkeld is as wat sy ooit kon dink. Dit word die ondervinding van 'n leeftyd, maar hoe gaan sy al hierdie kennis wat sy in hierdie verspotte reis deur die heelal beleef het, aan haar mense oordra en hulle oortuig dat hulle besig is om planeet Aarde te vernietig?

  • av Ina Cantoni
    177

  • - Boek 1
    av Ina Cantoni
    147

Gör som tusentals andra bokälskare

Prenumerera på vårt nyhetsbrev för att få fantastiska erbjudanden och inspiration för din nästa läsning.